Category Archives: Accommodation

Accommodation: Disa 343

Naam van Eenheid – DISA 343 (Die Plaashuis)

Hierdie is ‘n baie unieke huis – Ou wêreld se grasie met hedendaagse elegansie. Luukse goed-toegeruste huis met ‘n plaspoel.  Die buitebraai kyk uit op die gewilde Eendedam.  Slaapplek vir 8 persone.

Hierdie gebied is selfs gewild onder die diere. Wees net versigtig vir die vlakvarke en koedoebulle!  Maar sit gerus op die ruim stoep en kyk wanneer die diere by die Eendedam kom water drink.

Leeupoort: Ifafa 732

Naam van Eenheid: Ifafa 732 Akkommodasie

Dis `n belewenis om Leeupoort te besoek; tuis te gaan in hierdie netjiese en gerieflike 3 slaapkamer chalet, een slaapkamer ensute, in `n wildreservaat met ‘n unieke atmosfeer. Die wild loop tussen die huise rond, die voëls maak jou soggens wakker en jy kan ontspan onder die bome.

Dit is ‘n veilige omgewing en jy kan met ‘n geruste hart hierdie wonderlike natuur ervaar saam met jou kinders en familie.

Leeupoort: Angelica 1738

Naam van Eenheid: Angelica 1738

Hierdie pragtige 4 slaapkamer chalet op Leeupoort is beskikbaar aan Bosveld-vakansiegangers wat al die geriewe van ‘n eie woonhuis verlang, maar teen ‘n baie bekostigbare vakansie tarief. Hierdie eenheid is ook geskik vir klein besigheid werksessies of spanboue, waar daar bietjie kop gekrap kan word in die natuur, weg van ‘n besige kantoor en talle onderbrekings.

Leeupoort: Nerina 662

Naam van Eenheid: Nerina 662

Dit is die ondervinding van `n leeftyd om die stilte en rustigheid van hierdie dubbelverdiepinghuis met 2 slaapkamers op Leeupoort te ervaar waar die wild en voëls vir jou kom kuier by die braaiplek agter die eenheid.

Die Bosveld skep ‘n besondere gevoel waarna jy beslis terug sal verlang en waarna jy graag sal wil terugkeer. Die buitengewone mak wild is `n kenmerk van hierdie wildreservaat.