Tag Archives: Lig

Hang aan sy Voete

VLERMUISE – Het jy geweet dat vlermuise kan help om van die grootste pestilensies ontslae te raak? Hulle vreet muskiete, vlieë, besies, kakkerlakke en kan ook gebruik word om inseksoorte wat lastig is in vrugteboorde en gesaaides, in toom te hou. Die beste nuus is dat ‘n enkele vlermuis die helfte van sy liggaamsgewig aan muskiete per nag kan vreet. ‘n Klein groepie van 150 vlermuise kan tot 60 000 insekte per nag vreet. Baie insekte word boonop ook afgeskrik deur vlermuise se eggo-plasingsklanke.