Tag Archives: Ossewa

Leeupoort: Springboontjie

TAMBOTIEBOOM – Veral in die somer spring hierdie boontjie wat op die grond geval het onder die bome rond wat te eienaardig is. Die insekte, `n wurm, kruip in die vrug en later binne in die pit en dit is dan dat die vrug van die boom afval met die wurm daarbinne. Sodra die wurm warm kry wil hy uitklim en dit is wanneer dit lyk of die pit spring. Die tambotieboom is een van die bome wat baie eienskappe het. Hierdie boom is beskermd en mag nie ge-oes word nie. Slegs met `n permit van Natuurbewaring mag jy droeë hout verwyder uit die veld. Die hout is baie hard, lig van kleur met donker vlekke en pragtige meubels kan