Tag Archives: Wildsbok

Rol Boeta Rol!

MISKRUIER – Gaan sit by daardie misbolletjies waar die miskruier besig is om sy bolletjie uit te kerwe uit die eland of rooibok se mis. Die miskruier gebruik nie die bestaande bolletjie van die wildsbok se mis nie maar maak sy eie bolletjie.

Op Leeupoort Vakansiedorp waar jy die waarnemings maklik kan maak waar jy plat op jou blaker sit en besef dat daar ook groot kompetisie is onder die miskruiers self. Die paartjie probeer om so gou as moontlik die korrekte grootte na smaak rond te vorm om maklik weg te rol waarna

Gaan Ondergronds

ONDERGRONDS – Om ondergronds te gaan en daar vir dag en nag te bly en daarby blind is nie vir enige ou bedoel nie. Die erdwurm leef slegs ondergronds, het nie oë nie en vreet sy pad oop. Wanneer hy by harde grond kom vreet hy sy pad deur die klam grond oop. Hulle vreet slegs snags maar wel deur die hele nag want hulle hele lyf is pens. Leeupoort se tuine is ideale teelaarde vir erdwurms want dit is heerlike warm weer waar hulle vinnig kan aanteel. Hulle is tweeslagtig. Met die aanhoudende vreet snags vreet hulle enige ding soos blare van groente en vrugte, ander

Spog Rooibokke van Leeupoort.

Rooibok

ROOIBOKKE – Hierdie boksoort is in feitlik elke land in Afrika teenwoordig en ook seker die mees gesogde en populêre wildsbok. Die rooibok is seker ook die mees grasieuse wildsbok. Hul voedsel is hoofsaaklik blare, sade, fyn takkies en gras. In die Kruger Park is daar ongeveer 130,000 rooibokke, wat meer is as al die ander wildsbokke saam.

Die volwasse rooibokram weeg sowat 50 kg. Hierdie wildsbok kan ongeveer 3 m hoog spring en sowat 12 meter vêr.