Tag Archives: Bos

Leeupoort: Beesstert Potjie

POTJIEKOS – Dis net op Leeupoort Vakansiedorp waar jy in die bos naby die stad en in die rustigheid van die natuur lekker rustig kan ontspan vergeet van die spanning daardoer in die stad. Om 12 uur Saterdag middag het Henry en sy seun Stiaan begin om die beesstert vir die potjie in orde te kry. Daar gaan `n heerlike potjie voorberei word. Dis rustig en die twee vlakvarke lê daar in die koelte van die swarthaakboompie  en slaap en die njalabul staan en kyk wat daar aangaan en of daar nie so ietsie vir hom ook kan wees nie. Die sekelboshout begin vlamvat en die stoele word reggesit sodat `n ou heerlik rustig om

Gezoem van die Bye

PERDEBY – Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is. Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes gebou het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hammer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.