PERDEBY – Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is. Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes gebou het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hammer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.
My ouma het destyds gesê dat `n ou vicks moet aansmeer en dit het so werlikwaar gehelp. Die perdeby verdedig sy nes deur mens of dier wat torring aan hul neste by te dam met daardie skerp groot angel en dit brand soos `n kool vuur. Die perdebye los nie hul angel in jou soos `n heuningby nie en hulle steek jou soms 3 tot 5 keer binne sekondes. Hier in die bosveld by Leeupoort Vakansiedorp geniet die perdebye beslis die wurms wat in die bos is. Die perdebye dra wurms aan na die neste en hou dit daar vir kos. Daar is 35 verskillende soorte spesies in ons land.
Related News / Verwante Nuus:
LEEUPOORT VAKANSIEDORP - Hierdie unieke ekodorp, g...
SUIKERBEKKIE - Dit is die kleinste voëltjie in die...
JUKSKEI OP SY BESTE- In die dae toe die eerste Set...
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Die 10 Jarige Boeremusiekfe...
VLERMUISE - Het jy geweet dat vlermuise kan help o...