Krimpvarkie

NATUUR – Gewis een van die skadelose en oulikste diertjies op aarde wat sowat 120mm lank word. Omdat hulle tussen struike bossies en grasse woon het hul sig nie so goed ontwikkel nie. Hulle maak staat op hulle reik en gehoor.

Hulle rol hulself op in `n bolletjie wanneer daar gevaar is. Die aanvaller word deur die penne afgeskrik wat gevolglik die krimpvarkie se lewe red. Hulle gee ook `n reuk af wanneer hulle lewens bedreig word. Die penne wat beskadig word of wat uitgetrek word, word weer vervang met nuwe penne wat uitgroei. Die penne val na sowat `n jaar uit en nuwes groei uit.

Die krimpvarkie bly gewoonlik in `n digte bossie, tussen graspolle agter klippe of vlak gate waar hulle goed beskut is. Op Leeupoort Vakansiedorp het ons al laat saans die diertjies gekry waar hulle een een rond beweeg om kos te soek. Hulle vreet gewoonlik sagte plante en jong blare, gras se wortels asook slakke wat in die tuin pla.

In die winter oorwinter hulle soos ander koudbloedige reptiele in beskutte plekke waar hulle nie maklik versteur kan word nie. Hulle is ook immuun ten slanggif.

Hulle kry so 2 of 3 kleintjies. Hulle loop een een en kom slegs gedurende paartyd bymekaar uit waarna hulle weer een een loop. Die kleintjies bly by hulle ma vir so 2 maande waarna hulle hul eie kos soek en dan gaan hulle ook op hul eie.