KAMEELPERD – Die kameelperd is die dier wat die hoogste kan bykom van alle diere op aarde. Daardie lang voorpote is baie gevaarlik en kan `n leeu daarmee doodskop. Wanneer hulle baklei slaan hulle mekaar met die nek. Dit is bekend dat die een al die ander een met die nek dood geslaan het. Die kameelperde benut die blare van bome wat te hoog is vir ander diere om te benut. Hierdie dier word tot 30 jaar oud. Daar is spesiale kleppe in hul bloedvate wat keer dat daar nie teveel bloed na hul koppe vloei wanneer hulle water suip nie. Met daardie lang tong wat tot `n half meter uitgesteek kan word stroop hulle die blare van bome.
Met hul lang tong trek hulle ook tot doringtakke nader om die blare van die takke te stroop en dan in sy bek te trek. Wanneer `n kameelperd hardloop gallop hy en lyk dit of hy stadig beweeg maar hulle kan tot 50 km per uur hardloop.Op Leeupoort is die kameelperde baie mak en pragtige fotos kan geneem word. Jy moet net nie uit jou voertuig klim om naby fotos te neem nie want dan jaag jy hulle beslis weg.
Hoekom is `n kameelperd se nek so lank?……………omdat hulle kop so ver van hul lyf af is!!!!