RAMMETJIE – Sekere volke in Afrika glo dat dit geeste sal omkrap as `n mens `n steenbok doodmaak. Die rammetjie het die skerp horingkies maar by uitsondering kry ooitjies ook horingkies. Hulle is gewoonlik enkellopend behalwe met paringstyd of waar `n lam saam met die mamma wei. Wanneer hulle gevaar sien gaan hulle gewoonlik lê met die kop op die grond. Sodra `n steenbok versteur word om weg te hardloop sal hulle eers verstar vir `n paar sekondes. Sou hulle moet vlug hardloop hulle sig-sag om die gevaar te ontduik. Hulle word nie maklik deur `n roofdier gevang as gevolg van die manier van hardloop nie.
Die rammetjie is gemiddeld op 9 maande geslagtelik volwasse en ooitjies op 6 maande. Die ooitjie is so ses maande dragtig en hulle het gewoonlik slegs een lam op `n slag. Die lammetjie word vir so 3 weke tussen groot graspolle of bossies weggesteek waarna hy saam met sy mamma gaan wei. Hulle gemiddelde leeftyd is 8 jaar.
Hulle loop gewoonlik in afgebakende gebiede en jy sal gewoonlik hulle in daardie ongewing kry. Leeupoort Vakansiedorp is trots op hul steenbokkies.
Die steenbok kan in klein kampies aangehou word.