SAAMGESTELDE RENTE – Leer dit vir jou kinders en kleinkinders:
As Albert Einstein once said: “Compound interest is the eighth wonder of the world. He who understands it, earns it…………..he who doesn’t…pays it.”
Gaan kuier gerus op Leeupoort Vakansiedorp waar jy in die rustige atmosfeer kan bepeins oor hierdie waar woorde want dit is baie belangrik om voorsiening te maak vir die oudag wat
onvermydelik is. Hier word gepraat van saamgestelde rente wat beteken jou geld verdien rente en op die rente verdien jy ook rente en so groei die rente op rente en hoe langer dit so aanhou hoe groter word jou belegging. Hoe jonger jy is hoe langer is die tydperk wat jy kan spaar en jou geld verdien rente en die rente verdien rente en op daardie rente verdien jy rente elke keer as dit by die kapitaal gevoeg word. Wees dus nou gewaarsku om voroegtydig te bespaar vir die oudag. Wanneer jy nog jonk is kan jy jou nie indink dat jy eendag oud sal word nie en dat jy vir daardie oudag voorsiening moet maak nie. Stel jou voor dat jy die dag wat jy wil aftree gaan rondry en plekke besoek wat jy nie kon besoek in die verlede nie. Onthou dit kos geld en met die inflasie wat ons het moet jy soveel harder spaar om voorsiening te maak vir die toekoms.