Tag Archives: Steenbok

Steenbok Geeste

RAMMETJIE – Sekere volke in Afrika glo dat dit geeste sal omkrap as `n mens `n steenbok doodmaak. Die rammetjie het die skerp horingkies maar by uitsondering kry ooitjies ook horingkies. Hulle is gewoonlik enkellopend behalwe met paringstyd of waar `n lam saam met die mamma wei. Wanneer hulle gevaar sien gaan hulle gewoonlik lê met die kop op die grond. Sodra `n steenbok versteur word om weg te hardloop sal hulle eers verstar vir `n paar sekondes. Sou hulle moet vlug hardloop hulle sig-sag om die gevaar te ontduik.

Die Steenbok – Kleinste Bok op Leeupoort

STEENBOKKIES – Hulle weeg tussen 7 en 14 kg, is so 70 cm lank en hul rughoogte is nagenoeg 50 cm. Die rammetjie het horings wat so 7 cm lank word en die ooitjie is sonder horings.

In hiedrie bosveld Wildreservaat vreet hulle blaartjies, krap worteltjies van plante en gras oop vreet dit en drink feitlik nooit water nie. Die mamma is 7 maande dragtig. Vir die eerste 4 maande steek sy die lammetjie in `n ou ertvarkgat weg en besoek die outjie soggend en saans om te drink.