LIKKEWAAN – Met sy gesplete tong ruik die likkewaan sy prooi wat hy volg om te gaan vang. Hy het sterk kake en byt nogal hard en jy moet net nie met hom gaan lol nie. Hulle lê tot 20 eiers in `n gat van ongeveer 15 cm diep. Van geboorte af sorg die kleintjies vir hulle self met die gevolg dat daar maar min is wat oorleef om groot te word. Daar is likkewane op Leeupoort wat op die plafonne van huise woon. Mens jy hoor hulle maklik want hulle maak groot
geraas en die inwoners verwilder hulle en stop die gate onder die dakke toe om hulle nie kans te gee om nes te maak nie.
Hierdie reptiele beweeg stadig wanneer die temperatuur laag is maar is verbasend vinnig wanneer hulle iets wil vang. Hulle vreet aan karkasse van dooie diere en goggas, eet eiers van voëls en tarentale, vreet paddas, akkedisse, voëls en insekte.
Daar is mense wat glo dat die likkewaan en die tokkelossie vennote is. Partykeer maak hulle of hulle dood is om jou of die prooi om die bos te lei. So vang hulle dan baie keer die prooi. Daar word ook geglo dat `n groot likkewaan `n koei in die veld met sy stert vang en haar uitsuip sodoende is daar nie melk vir haar kalfie is nie.