BOEREMUSIEK – Van al die musiek janres is Boeremusiek beslis dadelik herkenbaar. Boeremusiek is eg Afrikaans en Suid Afrikaans is want dit is hier gebore en ontwikkel.
In die vroeë tye om braaivleis- en kampvure het die musikante dit gespeel op akoestiese kitare, mondfluitjies, traporrels (serfyntjies), trekklaviere en konsertinas.
Daar bestaan twee style naamlik die tradisionele en moderne styl. Die boeremusiekgilde se missie is om Boeremusiek in al sy vorme, tradisioneel en modern, te bevorder en sover omvattend as moontlik aan al ons lede en liefhebbers die geleentheid te bied om deel te neem aan en die genot van Boeremusiek op `n direkte basis deelagtig te wees en deur middel van ontwikkelingsaksies die jeug te onderrig in die speel en waardering van hierdie kultuur-musiek om sodoende `n standhoudende liefde daarvoor te vestig en om deur optredes, funksies, opnames en deelname Boeremusiek vir die nageslag te bewaar.
Die visie is om as kultuurorganisasie ons volkseie kultuurmusiek in die boeremusiek-idioom te bewaar , te bevorder, te bestuur en dinamies te laat groei en ontwikkel om saam met veranderde tye te moderniseer sonder om afbreek te doen aan die historiese inslag of basis daarvan.
Op Leeupoort Vakansiedorp pryk die enigste Boeremusiek Monument is Suid Afrika
Lank Lewe BOEREMUSIEK
( Pieter Bodenstein)