Tag Archives: Boeremusiek

Boeremusiekgildefees 6 en 7 September 2019

Die jaarlikse fees vind volgende naweek plaas. Dit is die hoogtepunt van alle aktiwiteite op Leeupoort vakansiedorp wat sowat 40 minute vanaf Bela Bela op die Rustenburg/Thabazimbipad geleë is. Hierdie fees is bedoel vir Boeremusiekliefhebbers asook liefhebbers vir die natuur en veral Leeupoort Vakansiedorp waar die wild tussen die huise rondloop en vir die mense kuier.

Die feesverrigtinge skop Vrydagaand, 6 September 2019, af by die karavaanpark met `n kampvuurkonsert vir oud en jonk. Toegang is

Boeremusiekgildefees – 7 September 2019.

BOEREMUSIEKGILDEFEES – Die Boeremusiek-monument is in 1987 onthul. Dit was die enigste Boeremusiek-monumet in Suid Afrika. Pieter en Reina Bodenstein was die stigterslede saam met ds Lourens Aucamp. Pieter-hulle woon nog op Leeupoort Vakansiedorp maar weens gesondheidsredes is hy nie meer betrokke nie. Hierdie fees was nog altyd een van die hoogtepunte op Leeupoort Vakansiedorp. Verlede jaar was daar 20 genooide orkeste en hulle het om die beurt vanaf Vrydagaand tot Sondagoggend hul staal gewys. Die orkeslede het die samekoms

Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017

BOEREMUSIEKGILDEFEES – Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou. Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.

Leeupoort: Fees der Feeste

BOEREMUSIEKFEESTE – Ses en twintig orkeste het die fees bygewoon sewel daar opgetree waarvan drie Junior orkeste was. 10 September 2016 sal vir lank onthou word vir sy groot aantal besoekers wat van oor die land op Leeupoort kom feesvier het en die optredes kom geniet het. Pieter Bodenstein van Leeupoort het nou vir die 9de agtereenvolgende jaar sedert die oprigting van die Boeremusiek-monument die aktiwiteiteite ge-kordineer. Kosie Beukes, tans 8 jaar oud, was lid van een van die junior orkeste. Kosie speel tans 13 musiekinstrumente. Kosie speel die konsertina