BOEREMUSIEKGILDEFEES – Die jaarlikse fees vind volgende naweek plaas. Dit is die hoogtepunt van alle aktiwiteite op Leeupoort vakansiedorp wat sowat 40 minute vanaf Bela Bela op die Rustenburg/Thabazimbipad geleë is. Hierdie fees is bedoel vir Boeremusiekliefhebbers asook liefhebbers vir die natuur en veral Leeupoort Vakansiedorp waar die wild tussen die huise rondloop en vir die mense kuier.
Die feesverrigtinge skop Vrydagaand, 6 September 2019, af by die karavaanpark met `n
kampvuurkonsert vir oud en jonk. Toegang is gratis en die skaapspitbraai met slaaie, groente en nagereg kos R100 per persoon. Vanaf 17:00 is wegneem etes ook beskikbaar.
Saterdagoggend, 7 September 2019, is die opening om 8:00 waarna die verskillende orkeste optree. Toegang is R70 per persoon en vir kinders is dit gratis. 16 orkeste van oor die hele land gaan optree en dit nogal vanaf die opening om 8:00 tot 24:00. Talle pryse vir spotdanse sal die aand oorhandig word en die kroning van die beste danspaar vir die dag sal die aand ook plaasvind.
Vir natuurliefhebbers wat `n slag wil wegbreek en wild besigtig kan in die reservaat rondry om wild, voëls en bome te besigtig. Die weer is wonderlik en daar kan tot laat na die orkeste geluister word of om die kampvuur die heerlike weer en stilte waardeer.
Dit belowe om `n onvergeetlike ervaring te wees.