SWAELTJIES – Wonderlik om te weet dat hierdie klein voeltjie elke jaar aan die begin van die winter Europa toe trek wat sowat 10000 km van ons af is agter insekte aan en dan kom hulle na dieselfde plek in ons land terug waar hul nessies is. Op Leeupoort Vakansiedorp is daar by `n hele aantal huise nessies wat oor en oor gebruik word. Hulle gebruik die son, maan en sterre om rigting te kan hou. Interessant om te weet is dat hulle aan die westekant van Afrika na Europa toe trek en met dieselfde roete terug. Dit is waarom hulle trekvoels genoem word. Hulle het dit nie aangeleer nie maar God het hulle so geskape.
Die nessies word van modder, fyn gras, hare of vere gebou teen `n muur of klip waar daar skuiling is teen die wind en reen. Die mamma broei op 2 tot 4 eiertjies en dit broei na twee weke uit en die kuikens word deur albei ouers gevoer met insekte wat gevang word. Hulle is een van die baie min voelsoorte waar die twee geslagte dieselfde lyk. By die eendedam op Leeupoort Vakansiedorp is al gesien hoe die swaeltjies die water in die vlug met hul snawels opskep.