Tag Archives: gras

Hadeda se Ha-Ha-Ha-Deda!!

Hadeda se Ha-Ha- !!

Ha-ha-ha-de-dah skree die hadeda terwyl hy opvlieg vanaf die grasperk waar hy gogggas onder die grond uitgesnuffel het. Die skril en besonder uitermatige harde skree is afgelei van die geraas wat hy maak.
Hierdie dier moet goeie reukorgane hê of hy moet die erdwurm of kewer onder die grond hoor. Hy sal oor die grasperk loop,

skielik gaan staan en sy snawel so 60 mm diep in die grond in druk en sy prooi onder die grond uitboor met daardie skerp snawel van hom. Die hadedas vreet tuingoggas soos wurms, slakke, spinnekoppe, akkedisse en kewers wat hulle in die tuin teekom. `n Lekkerny is erdwurms wat onder die grond by die wortels van die gras uitgehaal word. Hulle maak hul plat neste van takkies hoog in `n doringboom waar die beskermd en onopsigtelik is. Die wyfie lê gewoonlik twee eiers en dit neem so 21 dae om uit te broei.
Hulle het lang vlerke en daarmee kan hy maklik deur nou en kronkels tussen bome en huise deurvleg. Hulle is lief om op die dakke van huise te sit sonder om `n geluid te maak maar sodra hulle gesteur word skree hulle luidkeels daardie nare geluide en vlieg verward weg.

Op Leeupoort Vakansiedorp kompeteer die hadeda met die gebande muishonde vir goggas en wurms.

Die Sin vir Humor is Medisyne

Die sin vir humor verjaag die donker wolke in ons gedagtes. Dit verjaag vervelige swaarwigtige onplesierige en eentonige gedagtes.

Glimlag opreg en jy sal die vrugte pluk. Komplimenteer opreg. Gewoontes, aanwensels, die manier van doen loop en praat asook motiewe bepaal of jou gedagtes positief is. Skaaf betyds aan hinderlikhede terwyl jou oordeel en insig nog helder is sodat dit later nie al erger word nie.

 

Reik uit na ander mense en moenie wag dat ander jou nader nie. Doen iets wat jou gedagtes positief prikkel want dit hou jou brein gesond en aan die gang. Lag selfs vir jouself as jy `n onnosel ding aanvang.

Gaan ontspan op Leeupoort waar jy jou aandag laat aflei deur na die mak wild te kyk wat tussen die huise rondloop. Ry rustig deur die natuurreservaat waar jy die wild sien wat rustig wei en ander wat le en herkou aan die groen gras en blare wat hulle gevreet het.