BOEREMUSIEKGILDEFEES – Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou. Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.
Die manne is besig op baard te laat groei vir hierdie spesiale gebeurtenis! Ander verrassings gaan wees die Ou Toppers Orkes van die Kaap en ‘n baie bekende, gewilde sportpersoonlikheid gaan ook die Fees bywoon.
Baie feesgangers maak ook van die geleentheid gebruik om wild te kyk. Party besoekers geniet die diere wat hulle by die huise besoek en ander ry deur die reservaat om meer wild te besigtig.