BOEREMUSIEKFEES – Die gewilde Afrikaanse musikant Ricus Nel sal as gaskunstenaar by hierdie groot jaarlikse fees in Leeupoort Vakansiedorp optree. Daar sal sowat 20 genooide orkeste, waaronder ook junior musikante, van oor die hele land optree. Hierdie Fees is gewis een van die hoogtepunte van die jaar se aktiwiteite op Leeupoort.
Alle akkommodasie word maande voor die tyd opgeraap en ‘n paar Leeupoorters stel ook kamers beskikbaar aan besoekers. Belangstellendes kan met Pieter Bodenstein (gaangroen@gmail.com) kontak maak om vroegtydig te bespreek.
Die feesverrigtinge begin die Vrydagaand (7 September) en word Sondagoggend afgesluit met gewyde musiek met begeleiding deur boereorkes-instrumente.
Pieter Bodenstein is ook besig met die beplanning van `n Boeremusiek Museum op Leeupoort Vakansiedorp. Hy het reeds bydraes ontvang wat met Boeremusiek verband hou. Donateurs se name sal by elke item aangebring word sodat besoekers die skenker en oorsprong daarvan kan sien van wie en van waar die spesifieke items afkomstig is.