Konsertina-Fees Jaag Vir Die Rekord

KONSERTINA-FEES JAAG VIR REKORD – Vanjaar word ‘n unieke Konsertina-fees van 3 tot 5 April 2020 op Leeupoort Vakansiedorp aangebied! Verskeie bekende orkeste gaan optree met Boet (Dimpel) Pretorius wat die feesrede gaan lewer. Tydens die fees gaan daar gepoog word om ‘n 30 jaar oue rekord van 41 konsertina-spelers wat gelyktydig optree, te verbeter.

Kos en ander stalletjies gaan bydra tot die feestelike atmosfeer, terwyl woonwa staanplekke gratis beskikbaar gestel word. Die fees word op Sondag, 5 April 2020, met ‘n dankdiens in die saal afgesluit. Besoekers kan ook die bos geniet waar die wild tussen die huise rondstap.

Besoekers begin nou-al besprekings doen. Vir volledige inligting, skakel Pieter by 082 410 1655 of Maureen by 072 273 1054.