Hyaena Brunnea

Bruin Hiëna

BRUIN HIëNA – Inwoners het al hierdie sku dier op Leeupoort Vakansiedorp gesien. Stappers het al spore van hierdie seldsame dier op Leeupoort in die veld gekry terwyl hulle stap. Hulle loop hoofsaaklik snags rond om te aas vir dooie diere maar leef hoofsaaklik van insekte, voëleiers en wilde vrugte.

Hulle woon gewoonlik in digte bos en vlakvark gate en hulle kleur maak hulle onopsigtelik in die bos. Die wyfie is dragtig vir slegs 3 maande en gee geboorte aan 1 tot 4 kleintjies en hulle drink aan haar vir tot 18 maande. Die wyfie laat ander kleintjies ook toe om aan haar te drink.

Die mannetjies en wyfies dra vir die kleintjies kos aan na die nes. Hulle ogies gaan gewoonlik eers na 8 dae oop sodat hulle nie uit die nes kan loop en wegraak nie.

Die bruin hiëna bestaan uit klein groepies van nie meer as ses diere nie en die oudste wyfie is gewoonlik die alpha wyfie. Hulle het sterk kake en verslind die oorskiet wat die roofdiere agter gelaat het, en is baie vinnig om gou weg te kom wanneer ander roofdiere opdaag want roofdiere val die bruin hiënas maklik aan. Dit is ook die rede waarom  hulle `n byna bedreigde spesie is.