Suikerbekkie

SUIKERBEKKIE – Dit is die kleinste voëltjie in die wêreld en wat hom merkwaardig maak is dat hy enige hoek kan vlieg en in die vlug terselfde tyd nektar uit `n blom opslurp. Behalwe om vorentoe te kan vlieg kan hierdie diertjie op en af asook agteruit vlieg om die nektar uit `n blom te kan suig wat op die ongemaklikste plek kan wees. Verder kan hulle skielik in die vlug stop en daar hang om nektar uit `n blom te drink. Die wonderlikste van hulle is die spoed waarmee hulle beweeg in die lug en die verandering van rigting binne `n breukdeel van `n sekonde.

Die suikerbekkie bestuif plante. Voêlkykers het al gesien hoe `n suikerbekkie `n spinnekop uit `n web haal terwyl die voëltjie

langs die web “hang” sonder om die web te beskadig. So het voëlkykers al gesien hoe `n suikerbekkie ander klein vlieënde insekte in die lug vang. Om hierdie merkwaardige voëltjie na jou tuin te lok kan jy suikerwatermengsel in `n houertjie buite in die tuin uitsit en nie lank nie en jy lok hierdie pragtige voeltjies na jou tuin toe. Op Leeupoort Vakansiedorp het iemand probeer om hierdie voëljies te lok met die suikerwater maar die ape of bobbejane het die toestel verrinneweer. Wanneer `n mens die suikerbekkie se doen en late bewonder en jy sien hoe die mannetjie en wyfie se kleure verskil dan herinner dit jou aan God se woord wat ons leer ” dat die hand van die Here dit gemaak het”.