RESPEK – Leeupoort Vakansiedorp is `n dorp binne in `n natuurreservaat.
Binne `n natuurreservaat word daar volgens die reels van `n natuurreservaat opgetree. Van die grootste sondebokke binne so `n reservaat is plastieksakke en mense wat te vinnig ry. Ons almal, inwoners sowel besoekers, is verantwoordelike mense wat hierdie twee sondebokke naamlik “plastieksakke” en “mense
wat te vining ry” baie ernstig opneem. Dit is mos lekker om te ry waar daar nie rommel rondlê nie asook waar ander voertuie nie jaag en jou onder die stof ry nie. Die probleem van rommel en hoofsaaklik plastieksakke is dat diere die kos wat daarin was ruik en dan die sakke vreet. Dit verteer nie en verstop die derms van die dier wat die dood veroorsaak – die dier ly vir lank voor hulle van die honger doodgaan. Deur te vining te ry word die mak diere maklik raak gery en as die dier nie onmiddelik dood gery word nie vrek die dier na `n lang tyd van groot lyding. Met die vinnig ry wat stof opwaai pak die stof saam op die bome se blare en die diere kan dit dan nie vreet nie en indien hulle dit wel vreet is dit ongesond vir die diere. Deur vining te ry verniel die paaie en die sondebok moet tog later self op dieselfde pad ry wat die voertuie verniel en dit bring onnodige gouer herstelwerke aan die paaie.
Dit beteken daar is selfsugtige mense wat nie met respek teenoor ander mense, diere, plante en paaie optree nie en dit is onverskoonbaar.
Geniet Leeupoort Vakansiedorp.