BOEREMUSIEKGILDEFEES – Die Boeremusiek-monument is in 1987 onthul. Dit was die enigste Boeremusiek-monumet in Suid Afrika. Pieter en Reina Bodenstein was die stigterslede saam met ds Lourens Aucamp. Pieter-hulle woon nog op Leeupoort Vakansiedorp maar weens gesondheidsredes is hy nie meer betrokke nie. Hierdie fees was nog altyd een van die hoogtepunte op Leeupoort Vakansiedorp. Verlede jaar was daar 20 genooide orkeste en hulle het om die beurt vanaf Vrydagaand tot Sondagoggend hul staal gewys. Die orkeslede het die samekoms
wat oor jare strek baie geniet omdat hulle boeremusiektaal onder mekaar hoogty gevier het. Die toeskouers het dit ook terdee geniet en daar was `n hele aantal van hulle wat vanaf 8uur Saterdagoggend tot 12uur die aand gedans het op die Boeremusiek se klanke. Met die groot swembad net langs die saal kon die kinders hulle self vermaak onder die toesig van hul ouers wat terselfdetyd musiek geluister het. Elke jaar was daar `n groot aantal stalletjies waar die besoekers lekker kon gaan kies en keur van wat hulle kon eet en koop. Pannekoek en vetkoek is gewoonlik een van die groot trekpleisters.
Baie van die besoekers aan Leeupoort Vakansiedorp het `n tydjie afgeknyp om ook wild te gaan kyk. Die wild, onder andere die koedoes, elande en zebras stap ook tussen die huise rond om vir die mense te gaan kuier. Voornemende besoekers moet vroegtydig akkommodasie bespreek want verlede jaar was alle beskikbare selfsorg akkommodasie vroeg al opgeraap. Sien https://leeupoort.com vir puik selfsorg akkommodasie vir egte bosveld verblyf op Leeupoort Vakansiedorp.
Related News / Verwante Nuus:
Boeremusiekfees te Leeupoort op 11 September 2015
LEEUPOORT - 13 Senior en 4 junior boereorkeste gaa...
Leeupoort: Fees der Feeste
BOEREMUSIEKFEESTE - Ses en twintig orkeste het die...
Konsertina-Fees Jaag Vir Die Rekord
KONSERTINA-FEES JAAG VIR REKORD - Vanjaar word ‘n ...
Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Tien jaar gelede het die Bo...
Boeremusiekfees te Leeupoort op 9 September 2016
LEEUPOORT - Die 9de Fees word nou-al beplan en `n ...