KONSERTINAFEES – Die wereldrekord is nagejaag en Pieter Bodenstein en sy span het hul ideaal bereik. Konsertinaspelers van die Kaap tot Musina is uitgenooi om te kom deel aan hierdie uitdaging wat verower moes word vir Leeupoort Vakansiedorp. Die spelers het met graagte die uitdaging aanvaar omdat hulle deel wou wees om hierdie rekord te breek en almal wou graag hoor hoe soveel konsertinas saam sou lyk en klink. Die
mense het met groot afwagting gesien hoe die spelers die verhoog bestyg en begin speel. Die vorige rekord was 49 konsertinaspelers wat tegelyk hul instrumente moes bespeel. Klein en enkel items was gelewer sodat die spanning kon oploop. Die tyd het aangebreek dat die groot groep vir die rekord optree en die spelers het begin speel en toe het daar 50 persone die verhoog bestyg en saam begin speel. Dit was toe die nuwe wereldrekord.
Die besoekers en spelers het gedurende die naweek ook dit geniet om kennis te maak met die wildsbokke wat vir hulle by die huise en karavaanpark gaan kuier het. Die mense het ook deur die dorp wat binne `n natuurreservaat gelee is gery of gestap en die natuur met sy dierelewe geniet.