Boeremusiekgilde

Boeremusiekfees te Leeupoort op 9 September 2016

LEEUPOORT – Die 9de Fees word nou-al beplan en `n groot aantal orkeste gaan aan die fees deelneem. Deelnemers vanaf Pietersburg tot Mosselbaai het reeds tekenne gegee dat hulle aan die fees gaan deelneem.

Daar sal sowat 22 senior orkeste en 4 junior orkeste optree. Die belangstelling van jongmense is oorweldigend en bemoedingend.

Leeupoort huisves ook die Boeremusiekmonument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is.

Die eerste orkeste tree reeds Vrydagaand om 7 uur op waar Radio Pretoria `n opname van Tradisionele-musiek vir uitsending gaan maak. 16 Ikone van 70 jaar en ouer gaan ook vereer word vir hul bydraes tot Tradisionele-musiek. Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Saterdag oggend om 8 uur tree die eerste orkeste op en tradisionele-musiek word deur die dag gemaak tot 12 uur Saterdagaand.

Daar gaan groot fees gevier word wat gedurende die hele dag tot 12uur Saterdagaand voortduur. Boeremusiek word natuurlik ook met dans vereenselwig en die jongklomp gaan hulle gate uit geniet.

Verskeie stalletjies gaan uistal en verkope begin reeds om 7 uur Saterdagoggend. Pannekoek, vetkoek, biltong en baie ander produkte sal beskikbaar wees.

Bespreek vroegtydig vir akkommodasie op Leeupoort by Reina 082 490 7692 of Marianne 082 565 5121