INHEEMSE BOME – Leeupoort het sowat 40 spesies inheemse bome wat `n geweldige groot verskeidenheid vir een plaas is – Dit is iets besonders.
Op die erf van Ifafa 732 alleen is daar 21 spesies bome. Wanneer jy so deur Leeupoort se reservaat ry of stap, sien mens dat baie soorte bome deur die natuur gegroepeer is. Kyk byvoorbeeld na die tambotie-bome en die sekelbos wat so in groepies groei. Die soort grond, die windrigting op daardie spesifieke plek, die lang ure sonlig, die hitte, die helling en die reënval op daardie bepaalde plek moet die groei-toestand daar gunstig maak dat ‘n spesifieke boomspesie of grassoort op daardie bepaalde plek so maklik en goed groei.
Dan is daar weer die hardekool boom wat hom nie steur aan groepeer nie. Ongelukkig is daar ook uitheemse bome wat in plekke in ons land vervuil omdat hulle juis daar ons inheemse bome verdring en verstoot.
Mens waardeer weer die natuur wanneer jy so deur die reservaat stap of ry en jy jouself daarop instel om te sien hoe die natuur werk. Kom kuier gerus by Ifafa 732 op Leeupoort en sien vir jouself hoe die natuur sy plante voortplant en versprei. Die stilte en rustigheid sal jou aandag so vasvang dat jy skoon sal vergeet van die daaglikse spanning en gejaag by die werk. Hier kan jy saans rustig in die braaivleisvuurtjie staar terwyl jy sit en dink oor die natuur om jou totdat jou gedagtes versteur word deur die wild wat onverwags vir jou kom kuier.