JUKSKEI OP SY BESTE- In die dae toe die eerste Setlaars Suid Afrika ingetrek het, was die setlaars opsoek na intellektuele en fisieke tydverdryf. Die transportryers het begin om met die jukke, ‘n deel is van die sleepmeganisme waarmee die osse die ossewaens getrek het, na `n voorwerp te gooi en punte toe teken. Die sport het later ontwikkel tot waar dit soos tans gespeel word.
Daar is verskeie reëls wat ook gewig en grootte van skeie betref. Twee spanne kompeteer elk met 4 spelers. Elke speler speel met twee skeie wat namekaar gegooi word na ‘n pen, die opposisie se speler word dan kans gegee totdat al 8 spelers kans gekry het. Nadat al 8 spelers gegooi het word die punte bereken op eliminasie basis. Die doel is om 3 skofte te behaal. `n Skof bestaan uit maksimum 23 punte en word bepaal deur ‘n gesamentlike telling van penne (3 punte) en `n lê van 1 punt. As ‘n span meer as 23 punte behaal na gooirondte bars die span en hul telling moet weer by 0 begin. Gooi afstande word bepaal volgens die ouderdom van die spelers – hoe ouer hoe verder die afstand. Tot op ‘n maksimum van 0/18 vlak waarna seniors weer nader kan staan. Die tydsduur is 75 minute of 3 skofte wat ookal die kortste is.
Daar is tans meer junior spelers as persone ouer as 50 jaar.
Dit is `n aangename sosiale sport en klubs word gestig waar die lede gesellig na die spel verkeer. Sluit by Leeupoort Vakansiedorp se jukskeiklub aan en jy maak kennis met vriendelike mense.