Brulpadda

NATUUR – Die brulpadda is Suid Afrika se grootste padda en daar is sowat 100 spesies paddas in ons land. Wanneer gebore, het die kalant kiewe soos ‘n vis en het ‘n stert waarmee hy swem.

Na sowat drie weke verwissel hulle totaal van gedaante en kry longe soos landdiere en leef op die droë grond, verloor die stert en kry pote. Hulle lê eiers wat in slym, gewoonlik aan takke van bome of ander struike, hang en word dan deur die son uitgebroei.

Paddas drink nie water nie en vog word deur hul velle geabsorbeer en in ‘n interne watersak gestoor. In droë tye skei die brulpadda ‘n stof deur sy vel af wat ‘n kokon om hulle vorm wat aangewend word om die vel klam te hou sodat hulle kan asemhaal en voort leef. Die wyfie lê tussen 3000 en 4000 eiers op ‘n slag. Die eiers broei so vinnig as 3 dae nadat dit gelê is uit.

Die paddavissies vreet weer mekaar, plante, blare, bloeisels en insekte wat hulle in die hande kry. Die pa pas hulle op totdat hulle na die sowat drie weke verwissel in paddas. Die brulpadda vreet eintlik enige ding van insekte, reptiele, klein voëltjies en paddavissies. In die Pretoria Dieretuin het ‘n brulpadda ‘n rinkhals slang gevang en gevreet.

Op Leeupoort Vakansiedorp het ons die brulpadda by die eendedam gesien. Wanneer jy hom pla sal hy jou byt as hy jou kan bykom. Hulle is nie giftig soos slange nie.

Daar is lande waar dit wettig is om brulpaddas aan te hou. Dit is aangeteken dat ‘n brulpadda vir 35 jaar in aanhouding geleef het.