Leeupoort: Wilde Voëls

VOËLKYK – Weens die gematigde klimaat is daar `n groot verskeidenhied voëls op Leeupoort. Baie voëls is redelik mak omdat hulle iets te ete kry by die inwoners en besoekers.

Die fisante en patryse stap tussen die huise op soek om iets te ete te kry. Die kwêvoëls is net so mak en kom tot so `n meter van jou af as hulle sien jy het iets vir hulle om te eet. Wat wonderlik is om die geelbek, die grysbek en die rooibek neushoringvoëls almal op Leeupoort te kry. Dis selde dat mens dit so kry.

Die Roofvoël Bewaria hou elke maand `n uitstappie. Die byeenkomste word gewoonlik gehou met `n praatjie oor voëls en hul gedrag. Daar is `n groot verskeidenheid voëls op Leeupoort. Wanneer `n ou tussen die huise of in die veld stap sien jy baie meer voëls as wanneer jy net ry. Dit is baie leersaam wanneer iemand wat die verskillende voëls ken vir jou presies uitwys wat die verskille is, of indien jy een van die bekende voël-handboeke byderhand het om uitkenning te vergemaklik. Baie keer is dit slegs die kleur om die oë wat verskil.

Bosveld groete, Christo

Rooibek Neushoring
Yellow-Billed Hornbill 640×480
Voëls Grysbek-Neushoring 640×480
Kwevoel 640×480
Voëls Houtkapper 640×480
Voëls Tiptol 640×480
Voëls Eend 640×480
Voëls Gans 640×480
Voëls Tarentaal 640×480
Voëls Uil 640×480
Voëls Fisant 640×480