Leeupoort: Selfsorg Akkomodasie uit die Boonste Rakke

MIDWEEK WEGBREEK – Annetjie en haar familie het verlede week by Ifafa 732, ‘n ten volle toegeruste selfsorg huisie, deurgebring en heerlik in die natuur gekuier. Agter die huis is ‘n swembad en braaiplek.


Die bosveld is heerlik hierdie tyd van die jaar waar die voël geluide besonder opvallend is. Die tarentale, fisante en kwêvoëls is so mak en rustig, veral wanneer jy `n bietjie kos uitsit.

Die bosbok ooi met haar lammetjie kom tot so 5 meter van jou af. Die vlakvarke is eintlik `n plaag want hulle is tydig en ontydig daar rond en vreet die kossies wat jy vir die fisante uitsit vinnig op. Elke middag net voor sononder is die geluide van die katlagters hier om jou. Hierdie voëls soek dan tussen die blare en takkies iets om te eet en hulle skerts baie met mekaar – wanneer een begin skree doen almal dit saam. Dit is absoluut ‘n voorreg om so te kan sit en luister na die natuur.

`n Wegbreek-geleentheid na hierdie selfsorg wooneenhede is iets wat mens nie moet laat verbygaan nie. Dit is ‘n absolute belewenis om weg te breek na hierdie vakansiedorp met sy wild wat orals tussen die huise rondstap. Die njala-bulle eet die broodkorsies uit jou hand wat jy so na hulle uithou. Jy sal nie weet wat jy mis indien jy nog nie op Leeupoort gekuier het nie, en die akkommodasie is regtig bekostigbaar en gerieflik.

Rooibek Neushoring
Bossie Bosvark 640×480
Mak Wild Koedoe 640×480
Mak Wild Koedoe 640×480
Mak Wild Njala 640×480
Mak Wild Gebande Muishond 640×480
Voëls Houtkapper 640×480
Voëls Kwêvoël 640×480
Voëls Tiptol 640×480
Voëls Vink 640×480
Voëls Grysbek-Neushoring 640×480
Wild Nagapie 640×480