BOEREMUSIEKGILDEFEES – Die 10 Jarige Boeremusiekfees op Leeupoort Vakansiedorp was `n reuse sukses. Dit was tien jaar nadat die Boeremusiekgilde-monument opgerig was. Hierdie monument is die eerste van sy soort in Suid Afrika. Daar was 29 orkeste wat Saterdag vanaf 8.30 tot 11 uur die aand opgetree het en gekom van die Kaap tot Messina. Twee was junior orkeste. Kosie Beukes, 10 jaar oud, was met hierdie fees weer op Leeupoort. Hy is bekend vir sy trekklavier spel. Kosie het onlangs in Amerika `n silwermedalje verower vir die beste instrumentalis in `n kompetise waar daar 28 lande aan deelgeneem het. Die 11 jarige Coenraad Harmse het sy eie orkes en het `n eerste prys verower as beste Vastraporkes. As prys sal Deon van der Merwe deur sy platemaatskappy, Johannesburg, vir Coenraad `n gratis opname maak. Willie Viljoen, oorlede Ollie se seun, die aanbieder van Vastrap op RSG het ook die verrigtinge bygewoon.
Daar was fotos van die 130 musikante by die Boeremusiekgilde – monumet geneem asook fotos van 6 Boeremusiek ikone waar onder ikone genoem die “Die Ou Toppies “ van die Kaap. Verder was daar ook `n foto geneem van Pieter Bodenstein wat met `n spesiale toekenning vereer is as nie-musikant betrokke by Boeremusiek. Pieter wat woon op Leeupoort, was sedert 1987, met die oorsprong van Leeupoort Vakansiedorp, betrokke by onder andere Boeremusiek op Leeupoort.