Tag Archives: Patryse

Tweet-tweet

Hierdie diertjies se gedrag is feitlik dieselfde as die van die meerkat.
Die gebande muishond loop in groepe van 7 tot 70. Hul sagte “tweet- tweet” geluide is hul kommunikasie kanaal wat die groep bymekaar hou. Op Leeupoort Vakansiedorp beweeg die trop van huis tot huis op te soek na wurms, insekte, klein akkedisse, muise, rotte, slakke , vrugte en eiers.
Die mamma is vir slegs 60 dae dragtig en kry van twee tot 6 kleintjies. Hulle is blind gebore met die

 

gevolg dat hulle kan nie rondloop en wegraak nie en na 5 weke gaan die ogies oop en hulle sluit dan by die trop aan. Die kleintjies drink aan enige mamma wat melk produseer en almal hou wag oor die kleintjies.
Die groepe of troppe is vyandig teenoor mekaar en partykeer kan dit lei tot die dood van anders.
Die gebande muishonde is ook bekend vir behendigheid met `n eier. Met die voorpote word die eier tussen die agterpote deur na iets hards gegooi sodat die eier kan breek om die inhoud dan te vreet. Die gevolg van die vreet van eiers is dat daar min fisant, patrys en tarentaaleiers uitbroei.

Leeupoort: Wilde Voëls

VOËLKYK – Weens die gematigde klimaat is daar `n groot verskeidenhied voëls op Leeupoort. Baie voëls is redelik mak omdat hulle iets te ete kry by die inwoners en besoekers.

Die fisante en patryse stap tussen die huise op soek om iets te ete te kry. Die kwêvoëls is net so mak en kom tot so `n meter van jou af as hulle sien jy het iets vir hulle om te eet. Wat wonderlik is om die geelbek, die grysbek en die rooibek neushoringvoëls almal op Leeupoort te kry. Dis selde dat mens dit so kry.