UIL BEWARINGSPROJEK – Groter hokke as die oues is gebou en van die uile het daar ingetrek. Hulle pas maklik aan maar dan moet hulle nie verjaag word nie. Uile vestig hulle dikwels naby mense se huise en in mensgemaakte neskaste. Bewaringsbewuste boere plaas die kaste naby hul store en lande waar daar gewoonlik heelwat muise en rotte is.
`n Ernstige beroep word op mense gedoen om nie rottegif uit te sit nie. Dit kan die hervestiging van uile, sowel as die plaaslike uil bevolking, geweldig benadeel sou die uile die karkasse van die vergiftigde knaagdiere vreet. Uile vreet elke nag `n groot aantal muise en rotte en hou sodoende die aanteel onder bedwang.
Die Selfhelp Vakansiehuise op Leeupoort gee elke besoeker die geleentheid om nie slegs die groot wild te besigtig nie, maar ook die voëls met hul sang en die naggeluide van die bosveld te ervaar. Dit is ongelooflik om die rustigheid van Leeupoort te geniet waar jy saans buite sit en die voëls en uile se geluide inslurp.