Hang aan `n Doring

LAKSMAN – Party van hierdie laksmanne hang die prooi aan `n doring op om later ge-eet te word – maak dus voorsiening vir die dag van more. Die laksmanagtige groep voëls wat hier op Leeupoort Vakansiedorp en omgewing voorkom is maar `n deel van die totaal. Ulrich Oberpreiler beskryf hierdie groep as ‘n uiteenlopende groep families wat insluit egte laksmans, boslaksmans, helmlaksmans, sneeuballe, tjagras en waterfiskale. (Engels: Shrikes). Hulle is frisgeboude roofsugtige voëls met stewige haakpuntsnawels. Hulle vreet insekte en ander ongewerweldes, party vreet selfs klein

gewerwelde diere. Hulle neste is koppievormig en meesal in doringbome. Geslagte is eenders by meeste van die spesies, jonger voëls by sommige is valer met fyn strepies.

Op Leeupoort Vakansiedorp is hierdie sku Rooiborslaksman Eng: Crimson-breasted Shrike / Vroeer die Crimson-breasted Boubou) maar pragtige voël te sien in die akasiaveld aan die oostekant van die dam in Leeupoort Vakansiedorp. Sy helder knalrooi onderkant en swart rugkant met wit vlerkstrepe maak hom onmiskenbaar. Maak verskeie deurdringende fluit en skuurgeluide.