KONSERTINA FEES – `n Hewige aanslag op die huidige rekord van 41 konsertina-spelers wat op dieselfde verhoog en op dieselfde tyd met hul konsertinas optree word beplan vir 6 tot 8 November 2020 op Leeupoort Vakansiedorp. Hierdie rekord kon vir die afgelope 30jaar nie verbeter word nie.
Hierdie fees word as huldeblyk aan Japie Loubscher opgedra vir sy onbaatsugtige diens aan boeremusiek.
Alle persone wat konsertina speel word genooi om met Pieter
Bodenstein, 082 410 1655, kontak te maak. Dit sal nie `n vereiste wees dat `n konsertinaspeler `n orkeslid moet wees nie.
Belangstellendes wat die fees wil bywoon word aangeraai om nou al te reel vir akkommodasie. Besoekers sal ook vind dat die wild tussen die huise op Leeupoort Vakansiedorp rondstap en die mense besoek. Dis lekkerrr om langs die braaivleisvuur te sit waar die njala en bosvark vir jou kom kuier.
Related News / Verwante Nuus:
NATUURRESERVAAT. Hierdie vakansiedorp se gebande m...
VOËLKYK - Weens die gematigde klimaat is daar `n g...
VLERMUISE - Het jy geweet dat vlermuise kan help o...
VLAKVARK - Wanneer hy hardloop is dit stert in die...
JUKSKEI OP SY BESTE- In die dae toe die eerste Set...