Kameeldoringboom

KAMEELDORINGBOOM – Die kameeldoringboom is seker een van die bekendste bome in die ekodorp  Leeupoort Vakansiedorp wat binne `n natuurreservaat gele eis. Hierdie bome kom vanaf die Noord Kaap tot by Musina en verder noord voor. Die droogtes het baie bome op verskeie plekke laat vrek maar die kameeldoringboom het vele droogtes oorleef met sy geweldige wortelstelel wat die vog diep onder die grond opsuig. Dit het verskillende gebruike. Die versamelvoëls en ander voëls hou daarvan om in hierdie bome nes te maak want die dorings

help om indringers te keer om die eiertjies en kleintjies te gaan vreet. Baie van die braaivleisvure op Leeupoort Vakansiedorp word gepak met die droë kameeldoring. Daardie gevaarlike dorings veroorsaak maklik `n papwiel. Baie boere gebruik kameeldoring om mee hoekpale of ankerpale vir omheining te maak. Destyds het die mense van die sade fyn gemaak vir medikasie asook om koffie van te maak. Die mense, ape, bobbejane en nagapies eet heerlik aan die bome se gom. Die wild eet ook die sade en blare. Daar is nog meubelmakers wat van hierdie hout pragtige meubels maak. Daar is verskeie wildplase waar kroegmeubels pryk wat van die kameeldoring gemaak is – dit is `n pragtige donker hout by die pit en die res is wit. Die bonsai boompie lyk regtig iets besonders. Verder moet jy nog `n pragtige foto met sonsondergang neem met `n kameeldoringboom op die voorgrond.

Op Leeupoort Vakansiedorp waar Muisvoëlpad by Kameeldoringpad aansluit kyk jy vas in `n kameeldoringboom. Kyk jy by hierdie kruising links sien jy die geweldige groot boom wat op `n stadium beskou was as die tweede grootste gemerkte kameeldoringbome in Suid Afrika. `n Paar jaar gelede het twee groot takke gebreek maar dit lyk nogtans indrukwekkend. Die kinders kan nou heerlik baljaar deur boom te ry.