GRYSBEKNEUSHORINGVOEL – Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink. Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.
By Ifafa 732 is daar so `n kas aangebring en die afgelope paar jaar broei die grysbekke elke Desember daar gereeld. Desember-vakansies is die inwoners en besoekers gelukkig om die broeiproses dop te kan hou. Nadat die wyfie klaar eiers gelê het messel sy haarself binne die nes toe met slegs `n klein gleufie waardeur sy kos gevoer word. Die mannetjie dra vir haar kos aan. Dit is van sprinkane, ander goggas tot afval kos. Wanneer die mannetjie die nes nader hoor jy die fluitgeluid en die wyfie sit gereed met haar bek se punt wat by die gleufie uitsteek. Sy wag dan dat sy gevoer kan word.
Sodra die kleintjies uitgebroei is sal sy die gleuf oop pik na buite gaan en die gleuf weer herstel tot net `n gleufie waardeur sy en die mannetjie die kleintjies saam voer. Hulle hou aan voer totdat die kleintjies se vere uitgegroei is en wanneer die eerste kleintjie die nes ooppik sal die gleufie weer herstel word. Die volgende kleintjie sal die nes ook verlaat sodra sy vere reg is om te kan vlieg.
Related News / Verwante Nuus:
YSTERVARK – Seker die dier wat die gevaarlikste ly...
BEGROTING - Volg hierdie reëls om jou finansiële v...
BOOMKYK - Daar is min plekke in ons land waar daar...
KONSERTINA FEES - `n Hewige aanslag op die huidige...
LEKKER BLYPLEK - Leeupoort Vakansiedorp is `n ekod...