Tag Archives: Eiers

Bospatrys

Vroegoggend maak hy jou wakker met sy skril geskree om die dag aan te kondig.
Hulle loop in klein familie-groepies. Gewoonlik die mannetjie , wyfie die vorige kuikens en die huidige kuikens. Sodra die grotes kos raakloop gee hulle `n sagte gepiep om die kuikens te roep om deel te wees van die maaltyd. Hulle vreet gewoonlik grassaadjies, sade van ander plante en insekte. Jy kry baie maal waar `n bospatrys in die mis van `n dier skrop om by die saadjies uit te kom.

 

Die mannetjie en wyfie lyk dieselfde en die wyfie broei die eiers uit. Die Nessie word op die grond onder `n bossie gemaak waar dit goed beskut is. Die Nessie word van sagte plantmateriaal in `n gemakilke holte gemaak . Daar word van 3 tot 6 eiers gelê en broei in 3 weke uit. Sodra die kuikentjies uitgebroei is loop hulle dadelik saam met die mamma wat vir hulle die saadjies wys om te eet.

Hierdie diertjies se voorbestaan op Leeupoort Vakansiedorp word bedreig deur die ape, bobbejane en gebande muishonde wat die eiertjies opspoor en dan opvreet.

Brulpadda

Die brulpadda is Suid Afrika se grootste padda en daar is sowat 100 spesies paddas in ons land.
Wanneer gebore het die kalant kiewe soos `n vis en het `n stert waarmee hy swem. Na sowat drie weke verwissel hulle totaal van gedaante en kry longe soos landsdiere en leef op die droëgrond en verloor die sterk en kry pote. Hulle lê eiers wat in slym gewoonlik aan takke van bome of ander struike hang en word dan deur die son uitgebroei.
Paddas drink nie water nie en vog word deur hul velle

 

geabsorbeer en in `n interne watersak gestoor. In droë tye skei die brulpadda `n stof deur sy vel af wat `n kokon om hulle vorm wat aangewend word om die vel klam te hou sodat hulle kan asemhaal en voort leef. Die wyfie lê tussen 3000 en 4000 eiers op `n slag. Die eiers broei so vining as 3dae nadat dit gelê is uit, Die paddavissies vreet weer mekaar, plante/blare/bloeisels en insekte wat hulle in die hande kry. Die pa pas hulle op totdat hulle na die sowat drie weke verwissel in paddas.
Die brulpadda vreet eintlik enige ding van insekte, reptiele, klein voeltjies en paddavissies. In die Pretoria Dieretuin het `n brulpadda `n rinkhals slang gevang en gevreet.

Op Leeupoort Vakansiedorp het ons die brulpadda by die eendedam al gesien.
Wanneer jy hom pla sal hy jou byt as hy jou kan bykom. Hulle is nie giftig soos slange nie.
Daar is lande waar dit wettig is om brulpaddas aan te hou. Dit is aangeteken dat `n brulpadda wat in aangehouding was vir 35 jaar geleef het.

Leeupoort; Tarentaalpastei

Die gewone tarentaal word in Leeupoort Vakansie Dorp aangetref. Hulle kom oor die hele Afrika voor.  Daar is verskillende soorte tarentale in Afrika maar hierdie is die gewone tarentaal.

Hulle lê hul eiers onder `n bos waar dit onopsigtelik is. Die bobbejane, ape en gebande muishonde hou baie van die eiers met die gevolg dat daar maar min eiers uitgebroei word.

`n Boer van die bosveld het tarentaal eiers deur `n hoenderhen laat uitbroei by die beeskraal, die

tarentaal kuikens het groot geword in die kraal waar die grotes en kuikens die bosluise van die beeste af pik. Terwyl die bees in die kraal lê en herkou pik die tarentale die bosluise van die ore tot by die stert af. Die beeste hou daarvan.

Die tarentale vreet sade en insekte wat die bosluis insluit.        

In Engeland word tarentale geteel vir slagdoeleindes en word tarentaalvleis by verskeie handelaars aangebied.

`n Lekker dis of paslei is tarentaalvleis.  Op Leeupoort het ons `n resep uitgetoets.`n Maklike resep is kook die hele tarentaal in stoompot en sodra sag gooi `n hele klompie room oor die voël, woestersous en gewone kruie na smaak. Kook dan in oop pot vir kwartier. Nou kan jy besluit watter soort dis jy wil voorberei soos onder andere `n pastei.

 

Leeupoort: Loer om die Hoek

Sodra jy nader kom aan die boom waar hy teen die stam sit sal hy probeer agter die stam om beweeg met die doel dat jy hom nie sien nie. Ons het dit aanskou op Leeupoort. Hulle soek gewoonlik die sonkant van die boom of klip waar hulle hul tuismaak.

Die mannetjie van die koggelmander het `n blou kom en die wyfie se hele liggaam is vaal. In die diereryk is die mannetjie gewoonlik meer aanskoulik as die wyfie. By wildsbokke is dit oor dieselfde maar by die mens is die vroutjie mooier as die man!!

 

Die koggelmander wyfie lê haar eiers in die sagte grond. Hul lê sowat 10 sagtedop eiers. Die diet van hierdie reptiele is klein insekte, miere, termiete, motte en ander goggas.

Hulle slap gewoonlik slegs snags en wel in die holte van tak.

Daar is mense wat meen dat die koggelmander giftig is maar dit blyk nie so te wees nie. Die grillerige voorkoms laat mens dink dat hierdie reptiel giftig is.

Daar is mense wat meelwurms vir hulle uitsit want hulle woon gewoonlik Is`n bepaalde gebied.

Leeupoort: Grysbekneushoringvoël in kas.

Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink.

Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.

By Ifafa 732 is daar so `n kas aangebring en die afgelope paar jaar broei die grysbekke elke Desember daar gereeld.

Desember-vakansies is die inwoners en besoekers gelukkig om die broeiproses dop te kan hou. Nadat die wyfie klaar eiers gelê het messel sy haarself binne die nes toe met slegs `n klein gleufie waardeur sy kos gevoer word. Die mannetjie dra vir haar kos aan. Dit is van sprinkane, ander goggas tot afval kos. Wanneer die mannetjie die nes nader hoor jy die fluitgeluid en die wyfie sit gereed met haar bek se punt wat by die gleufie uitsteek. Sy wag dan dat sy gevoer kan word.

Sodra die kleintjies uitgebroei is sal sy die gleuf oop pik na buite gaan en die gleuf weer herstel tot net `n gleufie waardeur sy en die mannetjie die kleintjies saam voer. Hulle hou aan voer totdat die kleintjies se vere uitgegroei is en wanneer die eerste kleintjie die nes ooppik sal die gleufie weer herstel word. Die volgende kleintjie sal die nes ook verlaat sodra sy vere reg is om te kan vlieg.