Tag Archives: Broeikas

Flukste Diere

Hierdie diertjies is seker die fluksste en slimste diere wat bestaan en het `n leeftyd van slegs sesweke en produseer slegs `n teelepel heuning. Hulle versamel nektar om heuning te maak wat hulle in heuningkoeke opgaar vir moeilike tye wanneer daar nie stuifmeel beskikbaar is nie. Hulle werk elke oomblik van die dag terwyl dit nog lig is en elkeen weet wat om te doen en waar om die nektar te gaan aflewer.
Bye moet sowat agt kilogram heuning verorber om een kilogram was te maak.

 

Ongeveer 40 000 bye woon in `n bykorf naamlik die koningin, `n paar waterdraers en die res werkers. Haar doel is om eiers te lê en die larwes wat uitbroei word werkers waarvan daar slegs een op `n stadium `n koningin word en `n paar waterdraes. Sodra die een wat `n koningin word groot genoeg is word daar `n nuwe swerm saamgestel.
Stuifmeel is hul primêre bron van proteine terwyl nektar (omgeskakel in heuning) energie verskaf. Water word gebruik om gestoorde heuning te verdun en ook om die humiditeit en temperatuur van ‘n korf te reguleer. Hiermee voer hulle die larwes en koningin. Lug en waterdigte was word vir verskillende konstruksie-doeleindes gebruik (byvoorbeeld om heuning en larwes te huisves), asook dien as ontsmettingsmiddel vir hulself.
In moderne korwe plaas die byeboer aparte kiste, genaamd heuningkaste, bo die broeikas vir stoorplek vir heuning.
Die bye dra die nektar van die blomme na die nes in een van hulle mae waar hulle dit weer oordra na ander bye wat dit omtrent ’n halfuur lank “kou” en met ensieme meng en dan in die koeke plaas.Die koningin is die middelpunt van die swerm en haar doel is om eiers te lê en larwes word uitgebroei en die heuning is almal se kos.
Die vrugte- of groenteboer verwelkom die bye vir noodsaaklike bestuiwing en die byeboer kry weer die heuning. `n Gemiddelde korf lewer 16kg tot 20kg heuning per jaar. Leeupoort Vakansiedorp met sy groot verskeidenheid plante met stuifmeel is die ideale plek vir heuningbye.

Leeupoort: Grysbekneushoringvoël in kas.

Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink.

Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.

By Ifafa 732 is daar so `n kas aangebring en die afgelope paar jaar broei die grysbekke elke Desember daar gereeld.

Desember-vakansies is die inwoners en besoekers gelukkig om die broeiproses dop te kan hou. Nadat die wyfie klaar eiers gelê het messel sy haarself binne die nes toe met slegs `n klein gleufie waardeur sy kos gevoer word. Die mannetjie dra vir haar kos aan. Dit is van sprinkane, ander goggas tot afval kos. Wanneer die mannetjie die nes nader hoor jy die fluitgeluid en die wyfie sit gereed met haar bek se punt wat by die gleufie uitsteek. Sy wag dan dat sy gevoer kan word.

Sodra die kleintjies uitgebroei is sal sy die gleuf oop pik na buite gaan en die gleuf weer herstel tot net `n gleufie waardeur sy en die mannetjie die kleintjies saam voer. Hulle hou aan voer totdat die kleintjies se vere uitgegroei is en wanneer die eerste kleintjie die nes ooppik sal die gleufie weer herstel word. Die volgende kleintjie sal die nes ook verlaat sodra sy vere reg is om te kan vlieg.