Tag Archives: Diertjies

Tweet-tweet

GEBANDE MUISHOND – Hierdie diertjies se gedrag is feitlik dieselfde as die van die meerkat. Die gebande muishond loop in groepe van 7 tot 70. Hul sagte “tweet- tweet” geluide is hul kommunikasie kanaal wat die groep bymekaar hou. Op Leeupoort Vakansiedorp beweeg die trop van huis tot huis op te soek na wurms, insekte, klein akkedisse, muise, rotte, slakke, vrugte en eiers.

Die mamma is vir slegs 60 dae dragtig en kry van twee tot 6 kleintjies. Hulle is blind gebore met die