Tag Archives: Familie

Leeupoort: Broeigedrag van Voëls

BROEIGEDRAG – Alfa broeigedrag kom voor by groep- of familievoëls waar daar een broeipaar is (alfa mannetjie en wyfie vermoedelik die oudste wyfie.) By sommige groepe broei slegs die wyfie terwyl die res van die familie verantwoordelik is vir die aandra van kos en later die versorging van die kuikens nadat dit uitgebroei is. Dit is komies om te sien as daar `n jongeling tussen die groep  is hoe hy/sy met oorgawe sy vlerkies fladder en kla en die hele groep dra kos aan. Hulle kom in groepe van 5  tot 10 voor. Meeste van die groepe bestaan uit voëls wat familie van mekaar is, dit sluit dus die vorige jare se broeisel in.