Tag Archives: Gebande Muishonde

Bospatrys

NATUUR – Vroegoggend maak ‘n Bospatrys jou wakker met sy skril geskree om die dag aan te kondig. Hulle loop in klein familie-groepies. Gewoonlik die mannetjie, wyfie die vorige kuikens en die huidige kuikens. Sodra die grotes kos raakloop gee hulle ‘n sagte gepiep om die kuikens te roep om deel te wees van die maaltyd. Hulle vreet gewoonlik gras-saadjies, sade van ander plante en insekte. Jy kry baie maal waar ‘n Bospatrys in die mis van ‘n dier skrop om by die saadjies uit te kom.

Gebande Muishonde vinnig soos Weerlig

Gebande Muishondjies

NATUURRESERVAAT. Hierdie vakansiedorp se gebande muishondjies, party ouens op Leeupoort noem hulle ook meerkatte, het hul eie gewoontes. Hulle maak fyn piep geluide sodat hulle in hoorafstand van mekaar kan bly. Hierdie wilde diertjies is bruin met strepe dwars oor hulle rue.

Hulle leef saam in `n kolonie en die hele groep beweeg die heel dag as `n groep saam. Die diertjies slaap in gate in die grond wat effe groter is as muisgate. Hulle ondertrou nie- `n natuurwonder . Hulle is op `n jaar geslagsryp en teel twee keer per jaar en hul dragtyd is twee maande. Hulle drink nie water nie want hulle kry genoeg vog uit die goeters wat hulle vreet.