Tag Archives: Rooibekneushoringvoel

Rooibekneushoringvoëls van Leeupoort

Neushoring Rooibek 2 640x480 reg

NATUUR – `n Rooibekneushoringvoël het hom tuis gemaak op die motor se spieëltjies en probeer om die maatjie in die spieël te soen of om mee te baklei. Die voël het homself vir `n lang tyd so besig gehou.

Daarna het hy teen die glas van die skuifdeur kom pik tot hulle hom brood gegee het. Hierdie geelbek is seker nou al drie jaar besig met sy pik aan die wieldoppe en spieëltjies by Ifafa 732 op Leeupoort.