Accommodation at Leeupoort

Accommodation at Leeupoort

Learn more about the available self-catering vacation chalets at Leeupoort. More / Meer »

Leeupoort News

Leeupoort News

News, Blogs and Messages from the community at Leeupoort. More / Meer »

Tourism Attractions

Tourism Attractions

Learn more about Tourism Attractions and Destinations near the Leeupoort area. More / Meer »

 

Leeupoort: Energie Oplossings

LEEUPOORT NUUS – Kragdag 2016 vind vanjaar van 16 tot 18 Junie 2016 plaas by Diamandvallei Landgoed net buite Pretoria.

Daar gaan onder andere seminare gehou word oor energie-oplossings. Windkrag en sonkrag is van die skoonste maniere van kragopwekking wat onderneem kan word.

Windkrag en sonkrag kan gekombineer word wat jou geheel en al onafhanklik van elektrisiteit kan maak.

Die Langnekke van Leeupoort Vakansiedorp

Kameelperd

LEEUPOORT RESERVAAT – Die kameelperd is die hoogste lewende dier op vaste grond en het die langste nek wat tot 5,5 meter lank kan word. Die naam kameelperd is afgelei van die kameel met sy lang bene en die luiperd met sy kolle. Hulle word veral in oop bosveld oral in Afrika aangetref.

Die kameelperd se draagtyd is 14 tot 15 maande en die kalfie weeg sowat 40 tot 60 kg. Die kalf se lengte by geboorte tussen Oktober en Januarie in die suidelike halfrond is sowat 180 cm.

Boeremusiekfees te Leeupoort op 9 September 2016

Boeremusiekgilde

LEEUPOORT – Die 9de Fees word nou-al beplan en `n groot aantal orkeste gaan aan die fees deelneem. Deelnemers vanaf Pietersburg tot Mosselbaai het reeds tekenne gegee dat hulle aan die fees gaan deelneem.

Daar sal sowat 22 senior orkeste en 4 junior orkeste optree. Die belangstelling van jongmense is oorweldigend en bemoedingend.

Leeupoort huisves ook die Boeremusiekmonument wat natuurlik die eerste monument van sy soort in die land is.

Leeupoort: Al Huilende Huilbos

NATUURRESERVAAT – Die Huilboom huil wanneer hy seerkry. Hierdie boom op Leeupoort is een van die grootste gemerkte huilbome in Suid Afrika.

Om onder die boom op die rusbankie op Leeupoort te sit en na te dink oor die skepping, die natuur, die lewe en hierdie besondere boom, is nogal `n belewenis. Jy kry sommer seer vir die boom se part om te dink dat die boom “huil” wanneer hy “seergemaak” word.