Accommodation at Leeupoort

Accommodation at Leeupoort

Learn more about the available self-catering vacation chalets at Leeupoort. More / Meer »

Leeupoort News

Leeupoort News

News, Blogs and Messages from the community at Leeupoort. More / Meer »

Tourism Attractions

Tourism Attractions

Learn more about Tourism Attractions and Destinations near the Leeupoort area. More / Meer »

 

Goeie Nuus vir Sjokoliste!

SJOKOLADE – Vir talle van ons is een van die grootste vreugdes van die lewe om jou tande in `n sjokoladestafie in te slaan. In `n studie deur die Universiteit van Suid- Australië was 1000 mense 30 jaar lank waargeneem en `n hele reeks gesondheidsaanwysers gemeet. Die ondersoek het probeer bepaal of die gereelde eet van sjokolade met beter breinfunksie verband hou. Hulle het die effek daarvan op geheue, konsentrasie, redenering en die werking van inligting ontleed.

Skillie Trek sy Kop In.

SKILPAD – Skilpaaie hou op groei wanneer hulle sowat 20 jaar oud is. `n Skilpad se ouderdom kan bepaal word deur die getal groeiringe op elke plaat van sy dop te tel. Die mens is verseker besig om die voortbestaan van die skilpad en sy kind te bedreig. Baie skilpaaie word doodgemaak vir hulle vleis en doppe. Die doppe word gebruik om aandenkings van te maak. Hulle word ook deur honde en jakkalse doodgebyt. Dit is onwettig om skilpaaie aan te hou of te vervoer.

Boeremusiekfees 7 tot 9 September 2018

BOEREMUSIEKFEES – Die gewilde Afrikaanse musikant Ricus Nel sal as gaskunstenaar by hierdie groot jaarlikse fees in Leeupoort Vakansiedorp optree. Daar sal sowat 20 genooide orkeste, waaronder ook junior musikante, van oor die hele land optree. Hierdie Fees is gewis een van die hoogtepunte van die jaar se aktiwiteite op Leeupoort.

Alle akkommodasie word maande voor die tyd opgeraap en ‘n paar Leeupoorters stel ook kamers beskikbaar aan besoekers.

Gaan Ondergronds

ONDERGRONDS – Om ondergronds te gaan en daar vir dag en nag te bly en daarby blind is nie vir enige ou bedoel nie. Die erdwurm leef slegs ondergronds, het nie oë nie en vreet sy pad oop. Wanneer hy by harde grond kom vreet hy sy pad deur die klam grond oop. Hulle vreet slegs snags maar wel deur die hele nag want hulle hele lyf is pens. Leeupoort se tuine is ideale teelaarde vir erdwurms want dit is heerlike warm weer waar hulle vinnig kan aanteel. Hulle is tweeslagtig. Met die aanhoudende vreet snags vreet hulle enige ding soos blare van groente en vrugte, ander