Tag Archives: Leeupoort

Krimpvarkie

NATUUR – Gewis een van die skadelose en oulikste diertjies op aarde wat sowat 120mm lank word. Omdat hulle tussen struike bossies en grasse woon het hul sig nie so goed ontwikkel nie. Hulle maak staat op hulle reik en gehoor.

Hulle rol hulself op in `n bolletjie wanneer daar gevaar is. Die aanvaller word deur die penne afgeskrik wat gevolglik die krimpvarkie se lewe red. Hulle gee ook `n reuk af wanneer hulle lewens bedreig word.

Ekodorp van die Bosveld

LEEUPOORT VAKANSIEDORP – Hierdie unieke ekodorp, geleë binne ‘n natuurreservaat, huisves ongeveer 170 voëlspesies, 114 boomsoorte en sowat 50 soogdiertipes. Feitlik ál 520 diere loop vryelik tussen die huise rond. Die mense moet hulle deure toehou anders kom die wild, vlakvarke of bobbejane in hulle huise. Daar is `n hele aantal boomsoorte wat aangeteken is as van die grootste bome in die land.

Leeupoort Vakansiedorp bestaan uit 862 erwe, 716 woonhuise (waarvan 230 bewoon word)

Plastiekbesoedeling

BESOEDELING – ‘n Euwel wat ons land en ook vir Leeupoort Vakansiedorp getref het, is plastiek besoedeling. Hier volg ‘n paar wenke om besoedeling hok te slaan:

1.  Hou op om plastieksakke te gebruik – neem jou eie sakke saam winkel toe. Dit wys vir die omstanders dat jy omgee vir die omgewing en dit help ook om ander op te voed.

2.  Hou op om strooitjies te gebruik – Dit is nie nodig nie.

Spog met Leeupoort Vakansiedorp.

LEEUPOORT  – Wilde diere is enige besoeker aan Leeupoort Vakansiedorp se droom en in besonder wanneer die bokke daarby so mak is dat jy hulle van nader kan beskou en pragtige fotos kan neem. Hulle stap tussen die huise rond want hulle is mense en voertuie gewoond.

Leeupoort Vakansiedorp is binne `n natuurreservaat geleë in die bosveld waar daar nog grondpaaie is. Rustigheid en kalmte is jou voorland wanneer jy daar aanland en uitspan.