Pirografie

Brand Jou Skildery

BRAND JOU SKILDERY – Pirografie is sekerlik die oudste vorm van skilder en word ook genoem houtbrand-kuns. Voor die mens verf uitgevind het, het ons voorouers met `n skerp houtjie met `n kooltjie aan die voorpunt, figure op `n sagte stuk hout uitgebrand of boodskappe geskryf en selfs die geskiedenis aangeteken.

So het M J Labuschange in 1971 by `n uitstalling wat in Nedbank Lephalale (destyds genoem Ellisras), vir die Ellisrassers kom wys hoe jy met `n soldeerbout wat goed warm gemaak is, sketse kan uitbrand op hout. Dit is waar ons die pragstuk wat in Ifafa 732 op Leeupoort Vakansiedorp hang, van Lappies gekoop het toe hy die kuns daar op Ellisras gaan demonstreer het.

Met sy kennis van pirografie het hy behendig die soldeerbout gebruik deur harder te druk waar die kleur donkerder moet wees en weer liggies gedruk waar die kleur ligter moet wees. Die soldeerbout wat tans gebruik word word genoem “Wood and Leather Burning Tool“ en is beskikbaar met verskillende vorms van vervangbare punte sodat jy die voorwerpe wat jy wil “skilder” of “teken” makliker en mooier kan doen. As die gogga jou eers gebyt het, wil jy enige iets soos hout, leer en kerse brand om `n kunsstuk te skep.