MOEDERSDAG – Moedersdag word vanjaar op 14 Mei gevier. Dit is gewoonlik `n dag waar die dagtake uit moeder se hande geneem word en sy bederf word. Dis nie nodig om `n duur okasie aan te pak nie maar om dit vir moeder lekker te maak by die huis, `n uitstappie of elders gaan uiteet. Baie mans of kinders berei `n heerlike ontbyt vir moeder in die bed voor, ander gaan uiteet ander weer reel `n uitstappie en bederf moeder met `n ete of braai. Op Leeupoort waar die wild tussen die huise rondloop ap is dit heerlik om buite te braai. Blomme en kaartjies kan ook vir moeder gegee
word. Dis interessant op self die blomm ete rangskik en self die kaartjies te maak wat natuurlik baie goedkoper sal wees as gekoop. Uitstappies kan behels – fliek gaan kyk, DVD uitneem by die huis vertoon en moeder trakteer met iets lekkers te ete gedurende die vertoning. Onthou dat jou moeder kosbaar is, sy jou lief het en dat jy haar moet waardeer solank jy haar kan bederf want jy moet nie later jouself wil blameer nie.
Moedersdag is die eerste keer in Suid Afrika op 9 Augustus 1994 gehou