Stert in die Lug

VLAKVARK – Wanneer hy hardloop is dit stert in die lug en wanneer hy vreet is dit weer op die knieë. Die vlakvarksog is slegs 3 maande dragtig en sy kan tot sowat 6 kleintjies op `n slag kry. Verder kan die mamma twee keer per jaar kleintjies kry. Hulle kan tot sowat 20 jaar oud word. Met daardie skerp krom tande grawe hulle boomwortels en gras se wortels uit om te vreet. `n Gewoonte van die vlakvark is dat hulle agteruit met die boude eerste in die gat gaan waar hulle gewoonlik skuil of slaap en waar die mamma haar kleintjies kry. Met die kop wat na die ingang wys kan hulle gevaar afweer. Hulle is dan ook gevaarlik as hulle by die gat uitstorm sou iemand by die bek van die gat hulle rus sou verstoor.

Hierdie dier kan ook baie gevaarlik wees sou iets hulle seermaak of

iewers vaskeer. Daardie lang en skerp tande kan jou bene oopskeur. Op Leeupoort Vakansiedorp is die vlakvarke baie mak omdat hulle kos by die mense kry. Die gevolg is dat mense wat kos in die hande het bestorm kan word want die vlakvark meen dat die kos vir hulle bedoel is. So kan iemand ernstig beseer word – wees dus versigtig.